Home

HONORARY MEMBERS Top

MR_Cali_Calitz

Cell: 015 491 7815

 

MR._Calie_Reitz

Tel: 012 329 2423

 

       
MR._Sarel_Bester

Cell: 072 327 7377

 

  Condolences to the family of

Mr Arrie Dekker

who died on 6/1/2010

       
  Mr Arthur Hammon

Cell: 082 788 5691

 

Mr  Hennie van Zyl

Cell:  016 428 3363

       
      Mr Ronnie van Rooyen

Cell: 083 494 3101

       
  MR._Manie_van_Zyl

PO Box 2135,
NYLSTROOM, 0510.

  Mr  Martin Kruger

 Tel: 057 352 9109 (after 19:00)

 

MR. Sarel Bester

 In 1960  maak Sarel Bester die eerste keer kennis met amateur stoei  toe sy oudste seun Garfield by Generaal Alberts Stoeiklub in Alberton begin stoei.

 In 1972 word hy verkies op die bestuur van bogenoemde klub, wat destyds nog onder Transvaal geresorteer het, en terselfdertyd begin hy
as ‘n leering-beampte tyd en telbord doen.
 In 1975 stig Oos-Transvaal van Transvaal af en Genl Alberts Klub val in Oos Transvaal
 In 1977 word hy verkies as lid van Oos-Transvaal se Uitvoerende Bestuur
 In 1979 word hy die Vise-President van oos Transvaal
 In 1979 word hy die eerste beampte wat die destydse “Meriete Toekenning: “Beampte van die Jaar”ontvang. (‘n Toekenning wat die Uitvoeroende Bestuur op aanbeveling van die destydse Tegniese Komitee aan een beampte elke jaar toegeken het)
 In 1980 word hy verkies as:   Voorsitter Alberton Stoeiklub; President van Oos Transvaal; Lid  van Uitvoerende Bestuur SA; Lid van die Tegnies Komitee (Beampte Raad) van SA
In 1987 word hy verkies as Vise-Voorsitter van die Tegniese Komitee van S.A. 
In 1989 bedank hy as Voorsitter van Alberton Klub, maar word verkies as Ere President, en beklee tans nog die posisie
In 1991 na die afsterwe van sy goeie vriend, Jan Voges, word hy die Voorsitter van die Tegniese Komitee wat op sy aandrang van toe af bekend staan as die Beampte Raad van Suid-Afrika
In 1991 toe Fila in Varna-Bulgarye besluit het om Suid Afrikaase Stoei weer sy internasionale status terug te gee, was hy deel van die deputasie en dadelik, daar in Bulgarye, het hy stewige vriendskapsbande met veral Mnre Raffy Martinett, Mario Saletnig en Adel Moustafa gesmee.  Noue skakeling met Fila se Beampte Raad volg en oor die jare word talle Suid-Afrikaanse beamptes deur sy invloed gehelp op internasionale vlak.  
Onder sy Voorsitterskap word die eerste internasionale beampte kursus in Suid-Afrika aangebied en tydens ‘n geselligheid daarna by sy huis belowe Mnr Martinetti en Saletnig om by Fila die graderings aan te beveel wat hy vir sy beamptes verlang, iets wat hulle dan toe ook gedoen het.
In 1993 word hy die eerste beampte ooit wat op sy ouderdom ‘n Fila Kategorie ”E” gradering ontvang en op dieselfde kongres ‘n Ere “E” toekenning ontvang.
In 1996 bereik Oos Transvaal se nominasies die Sekr Generaal van SA te laat en is hy gevolglik nie weer verkiesbaar as Voorsitter van die Beampte Raad nie, maar word egter tydens die vergadering verkies as ‘n addisionele lid op die Uitvoerende Bestuur van SA
In 1998 word hy verkies as Senior Vise President van SA, wat aan hom ‘n ononderbroke dienstydperk van 20 jaar op die Uitvoerende Bestuur  van SA gee.  Omdat die Grondwet bepaal dat die Senior Vise President, die Beskermheer van die Beampte Raad is, is hy steeds baie nou verbonde aan die Beampte Raad.
Oom Sarel en Tannie Freda is al 51 jaar getroud en het 4 kinders ; 3 seuns en 1 dogter.Top
 
MR. Faan Nel

Faan Nel raak betrokke by stoei in 1939 in Oostelike Provinsie, as ‘n lid van die Graaff-Reinett span.

Hy verhuis na Transvaal en maak tuiste op Brakpan en oefen intussen saam met Dawie Morris in die Ou Stal op Boksburg.
Faan Nel was ‘n gesamentlike stigterslid van Brakpan Klub.  In 1950 word hy verkies as Voorsitter van die klub en verteenwoordig klub by die Transvaalse Amateur Stoeivereniging.  Later verander  die naam van die vereniging na Suid-Transvaal en toe weer Transvaal.  Hy dien op die beampteraad, Tegniese komitee en op Uitvoerende Bestuur van Provinsie.  In die tydperk is hy afrigter en spanbestuurder met verskeie geleenthede.  Faan Nel verteenwoordig ook Transvaal Stoei vereniging op Suid-Afrika.en word ook verkies op Uitvoerende Bestuur van Suid-Afrika. Faan vergesel ook  spanne oorsee as Tegniese beampte en spanbestuurder.
Faan Nel word ook verkies as die Springbokafrigter vir SA span  na Ooste.
Faan Nel word ook verkies as lewenslange ere lid van Suid-Afrikaanse Stoei.
Transvaal word te lywig en met die gewone dwarstrekkery besluit hy en ‘n paar lede om weg te breek, gevolglik kom Oos-Transvaal tot stand waarvan hy die eerste President was, vir ‘n aantal jare warna hy vryelik uitgetree het.  Tans nog steeds betrokke by Brakpan Amateur Stoeiklub as Ere-President en Lewenslange Ere Lid van klub en Oos Gauteng.
Totale duur van betrokkenheid by die sport is   1939 – 2004  (65jaar en soos hy dit noem ons gaan maar voort.)
Faan Nel is getroud met  Maidie en sal op 6 November 61 jaar getroud wees, het 2 kinders, seun en dogter en 5 kleinkinders en 3 agterklein kinders.

Faan Nel died on 18 March 2009.

Top

 
MR Cali Calitz
Tydperk 1972-1992
Kleure verwerf:
Provinsiaal:
Verre-Noord Transvaal - Stoeier, Beampte, Afrigter, Ere kleure en Lewenslange ere-lid
Wes-Transvaal - Beampte, Afrigter en Uitvoerende bestuur
Noord-Natal - Beampte, Afrigter, Meriete toekenning en Uitvoerende bestuur
Natal - Beampte, Afrigter
Suid-Oos Transvaal - Beampte, Afrigter en Uitvoerende bestuur en President (1977 tot 1981)
Sport Federasie Middelburg (TVL) - Sport Administrateur en Sport persoonlikheid (1979)
SA Polisie - Stoeier, Beampte, Afrigter, Tegniese beampte, Uitvoerende bestuur as Sekretaris (1981 - 1992), Ere-kleure en Meriete toekenning
Westelike Provinsie - Beampte, Afrigter en Erelid
Noord-Transvaal - Afrigterskomitee en Uitvoerende bestuur
SA Gekombineerde magte - Beampte, Afrigter, Tegniese beampte en Uitvoerende bestuur
Gekombineerde Provinsies vs Europa - Beampte
Gekombineerde Provinsies vs Duitsland - Beampte
Nasionaal en Internasionaal:
SA Kleure - Beampte, Afrigter en Afrigter Instrukteur
SA Spele - Beampte
SA Meriete Toekenning (Sport Administrateur) - Beampte en Afrigter
Staatspresident Meriete Toekenning - 1982
Springbok Kleure as Afrigter - 1982 en 1991
Internasionale Beampte
Fila Beampte
Lewenslange Ere-lid - SA Stoei Federasie
Ere-Toekenning - SA Afrigterskomitee - Eerste ontvanger
Ere-Toekenning - SA Tegniesekomitee - Eerste ontvanger
Sertifikaat van verdienste en waardering - Toegeken deur Pres. van Kenya Stoei Federasie
Afrigter van die Jaar - 1982 - van Rooyen skild
Afrigter van die Jaar - 1991 - Gallie van Rensburg Trofee
SA Beampte toekenning - Honneurs
Diplomas:
Verwerf 3 diploma's toegeken deur die SA Vereniging vir Sport wtenskap(SA VSLOR) Vlakke I, II en III, waarin volgende 8 vakke studeer en geslaag is: Sport Opvoeding, Sport Sielkunde, Sport Fisiologie, Sport Sosiologie, Sportmeganika, Sport beserings, Afrigtingsleer en Motoriese leer.
Buitelandse besoeke:
Besoek die buiteland met 6 verskillende geleenthede in die volgende hoedanighede: Kursusganger, Beampte, Afrigter, Spanbestuurder, Eregas en Waarnemer namens die SA Polisie en die SA Stoei Federasie.
1981 - Belgie, Wes-DuitslandSwitzerland en Ostenryk met SA Junior Stoeispan
1982 - Springbok afrigter. Woon terselfdertyd 'n kursus by in die staat Oregon. VSA
1984 - Waarnemernamens die SA Stoei Fedrasie by die Olimpiese Spele in Los Angeles, VSA
1986 - Israel as eregas tydens die gedenk toernooi ter ere van die Israelse stoeiers wat tydens  die 1972 Olimpiese Spele vermoor is.
1987 - Taiwan met 'n SA Polie Stoeispan
1988 - Italie en Turkye as waarnemer namens die SA Stoei Federasie
Dienstydperk:
Dien vir die tydperk 1980 - 1993 (13 jaar opeenvolgend op die volgende SA Komitees:
Nasionale Afrigterskomitee -
1980 as lid
1981 as Vise Voorsitter
1982 tot 1992 as Voorsitter / Hoofafrigter van Suid-Afrika
Tegniese komitee van SA - Opleiding van beamptes

Uitvoerende Bestuur - Dit is dan so dat 13 jaar tot hede die enigste persoon is wat op al 3 die Hoofkomitees van die Stoeifederasie terselfdertyd gedien het. Dit is voorwaar 'n prestasie wat sekerlik nie maklik weer behaal of oortref sal word nie.

Beeindiging van Ampstermyn

Op 29 Julie 1992 sterf Cali se oudste kind, 'n dogter, op 31 jarige leeftyd. Hoofsaaklik as gevolg hiervan besluit hy om homself nie weer tydens die 1992 SA Algemene Jaarvergadering verkiesbaar te stel nie. Alhoewel verskeie beroepe op hom gedoen is, het hy by sy besluit volstaan. As lewenslange ere-lid van Verre-Noord Transvaal (Limpopo) en Suid-Afrika woon hy waar moontlik Algemene Jaarvergaderings van Verre-Noord Transvaal en Suid-Afrika by.Top

 
MR Manie van Zyl
Gebore - 21 Januarie 1929

Op 8 Mei 1946 het hierdie lid by die Suid-Afrikaanse Poloisie aangesluit en by die destydse depot aan gemeld vir opleiding. Hier het hy die rugby wat hy op skool gespeel het voortgesit en het hy in die Admininstrasiebeker vir Noord-Transvaal onder 19 saam met Hannes Brewis uit gedraf. In 1950 het hy besluit dat rugby te mak sport vir hom is en het hy begin stoei. Hy het die sport geniet, so daarin uit geblink dat hy in 1954 Suid-Afrika in Vancouver, Kanada by die Statebondspele verteenwoordig het, waar hy 'n goue medalje verower het. Sy ander prestasies internasionaal was:

In 1956 verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Melbourne
In 1958 verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Statebondspele in Cardiff waar hy 'n goue medalje verower het
In 1959 vewrteenwoordig hy Suid-Afrika in Teheran by die Statebondspele waar hy weer-eens 'n goue medalje verower het en hy die Shah se gas tydens die Spele was.
In 1960 verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Romewaar hy kaptein van die span was en ook die vlag gedra het. Voorwaar 'n prestasie om op trots te wees.
Met die draai van die eeu in 2000 is hy deur die Sportstigting van Suid-Afrika as die "stoeier van die eeu" aangewys.
HY is ook lewenslange erelid van die SA Stoei Federasie
'n Groot eer het hom nou tebeurt geval met die verewiging van sy naam op die "wall of Fame" in Port Elizabeth, waar al die belangrikste sportlui se name aangebring word.Top
   
MR. Calie Reitz - Carl Godfried Reitz  
Gebore 29 Desember 1927  
Begin stoei met stigting vanReitz klub 1936
SA Middelgewig kampioen 1945-1956
Noord-Transvaal Middelgewig kampioen 1945-1956
Olimpiese Spele - London 1948 - 4de plek
Olimpiese Spele - Helsinke 1952 - 6de plek
Britse Ryk Spele - Aukland 1950 - 3de plek
SA span teen Britse en Sweedse span 1954
1ste afrigter en beampte kursusse aangebied by Hartbeespoortdam 1951
Teenwoordig by afstigting van Noord-Transvaal uit Transvaal provinsie 1945
Verteenwoordig Oostelike Provinsie op SA vanaf 1950 vir 6 jaar
Dien op Noord-Tarnsvaal as gewone lid vanaf stigting 1945 tot 1956
Tans beskermheer van Noord-Gauten Stoei  
Lewenslange Erelid SA Stoei Federasie  
Lewenslange Erelid SA Gimnastiek Vereniging  

 

Home

 Web Links

Road Maps

  Webmaster  

Last updated

10 Mar 2010

 

  March:
13 Limpopo Open Championships
19-22 SA Coaches Council Training Camp
28 Abraham Geldenhuys  Open Championships
  April: 
12 SA Coaches Council Meeting
17 SA Exec. Management meeting - 08:00
22 Last date to enrol for the SA G-R Championship - 22:00
24 Martin Kruger Open Championships - Northern Freestate
24 African Cadets qualifying tournament
30 SA G-R Youth & Junior Championship - Bellville Cape Town  - 08:00 
May:
1 SA G-R Cadets & Senior Championship - Bellville Cape Town - 08:00
3 SA Coaches Council Meeting

Full version of the 2009 Calendar

Developed  by: