|
South African Wrestling Federation |
|
MASTERS WRESTLING 7th
SOUTH AFRICAN MASTERS GAMES
CANCELLED!!!!!! Lees asb.
Willem_se_nota. 2010 Masters World Championships 2009 SA Masters Championships - Congratulations to 2009 Masters World Champion Willem Putter Middag Almal, Vir die wat ek nog nie mee gepraat het in die nuwe jaar nie: Alles van die beste vir 2011!! Ons het ‘n groot problem met die organiseerders van die spele in die sin dat hulle nie vir ons ‘n voldoende fasiliteit (saal) kon reel om die spele aan te bied. In die middel van 2010 is daar belowe dat daar ‘n saal wat voldoen aan internasionale kompetisie aan ons beskikbaar gestel sal word. Na vele navrae en versoeke vir finalisering van die fasiliteit het ons nog geen verbintenis van hulle gekry nie en daarom het die SASF besluit dat Stoei nie meer deel van hierdie jaar se Spele sal wees nie. Stoei sou van al die koste gedra het behalwe vir die saal waarvoor hulle nou R20,000 per dag vra. Die SASF is baie ontsteld oor die wyse waarmee die organiseerders die aangeleentheid hanteer het. Daar is ‘n brief gestuur om die organiseerders van die besluit in kennis te stel. Aangesien hierdie toernooi ook sou dien as die SA Kampioenskappe vir die meesters sal laasgenoemde later moet plaasvind. Indien daar enige voorstelle is hoor ons graag daarvan. Pine sal jy die persone van oorsee wat navraag gedoen het in kennis stel dat die toernooi af is. Intussen het ek verneem dat die Nelson Mandela Metro alle ondersteuning en finansiële bydrae tot die spele onttrek het. SAMSA het die individuele sportsoorte nou gevra om die kompetisies steeds op eie koste te hou. Wat ‘n gemors!!! Groete Willem. |
|
|
|